Aan een ongelooflike spesiale mens
Ek loop al lank met soveel gedagtes in my kop, oor hoe om vir jou dankie te se. Maar woorde beswyk my. Ek sal nooit die regte woorde, of genoeg woorde hê om vir jou dankie te se vir die ongelooflike amazing geskenk wat jy vir ons gee nie. Jy sal nooit besef onbaatsugtige “act of kindness” vir ons beteken nie.
Kinders is nog altyd my passie in die lewe, en ek weet ek is gebore om ‘n ma te wees. Ek is mal oor kinders en kinders het ‘n natuurlike aantrekkingskrag nog altyd na my (sonder om arrogant te klink ??). Ek is peetma van my sussie se 2 amazing kinders, en dis iets wat ek so bevoorreg is om te kan wees. Ek is lief vir hul soos my eie.
Die hunker na my eie kinders is nog altyd sterk binne in my. Ongelukkig het ek al 3 miskrame gehad, en dit was ongelooflik seer om dit deur te gaan, maar ek weet die Here se plan is groter as myne, en ek glo altyd alles gebeur met ‘n rede. Ek is getroud met een ongelooflike man, wat my oneindig lief het, en die Here altyd eerste stel in ons huwelik. Ek weet dat hy ‘n amazing pa sal wees.
Ek wil hê jy moet weet dat jy vir ons die grootste geskenk gee waarvoor ek jou altyd sal dankbaar wees. Dankie vir al jou tyd, moeite en liefde met hierdie hele proses.
Weet asb dat ons kinders ALTYD geliefd sal wees. ??Dankie vir die voorreg wat jy my gee om ‘n mamma te wees.
Mag die Here jou seën in die hele proses, en jou lewe vorentoe.
Dankie. Dankie, en dankie weereens. Jy sal altyd my eie persoonlike hero wees. ??
Baie liefde.
Xxxxx